Ons het u finansiële ondersteuning nodig!

Help Ons Om 'n Verskil Te Maak

PUNT Digitale Gesinstydskrif is ontwerp om as 'n gratis hulpbron beskikbaar te wees vir gesinne en individue wat op soek is na geloofsgebaseerde inspirasie en ondersteuning. Ons visie is om 'n positiewe bydrae tot gemeenskappe te lewer deur inhoud wat geloof, gesinswaardes en persoonlike groei bevorder.
Dit is ons hartsbegeerte om PUNT altyd gratis uit te kan gee. Ongelukkig is daar kostes betrokke om die tydskrif tot stand te bring.
Om hierdie visie moontlik te maak, benodig ons egter jou ondersteuning.

Hoe Jy Kan Deel Word

- Eenmalige Bydraes:
Help ons om die produksiekoste van die tydskrif te dek deur 'n eenmalige skenking.

- Maandelikse Vennootskap: Word deel van ons span deur 'n klein, gereelde bedrag te skenk wat ons help om hierdie diens aan 'n wye gehoor beskikbaar te stel.

- Advertensies:
Besighede kan ook finansieel bydra deur in ons tydskrif te adverteer teen spesiale bekostigbare tariewe. Kontak gerus vir Jo om meer hiervan uit te vind.

Jou Skenking Maak 'n Verskil

Elke bydrae, hoe groot of klein, help ons om PUNT gratis beskikbaar te stel aan lesers regoor Suid-Afrika en verder.

Bankbesonderhede vir skenkings kan versoek word deur 'n e-pos te stuur aan Jo by globalfish.abba@gmail.com


Dankie dat jy deel is van hierdie reis – saam bou ons aan ʼn platform wat gesinne en gemeenskappe opnuut inspireer.