
Puntkie.Kids
Oggendgebed vir Kinders 🌞
Liewe Jesus,
Dankie vir ‘n nuwe dag!
Dankie vir die son wat skyn,
vir die voëltjies wat sing,
en vir die kans om vandag
lief te wees vir ander.
Help my om vandag vriendelik te wees,
om goed te luister en gehoorsaam te wees.
Seën my gesin, my vriende en my onderwysers.
Lei my in alles wat ek doen,
sodat ek U liefde kan wys.
Ek is bly dat U my liefhet
en altyd by my is.
Ek gee hierdie dag vir U!
Amen. 🌈💖

LEES PUNTKIE.KIDS HIER

Kom ons sing




Storietyd


